Local sportSport

Laerskool Kalie de Haas sorg vir verskeie hindernissse by ‘Warrior Race’

Nissan, wat ook 'n uitstalling gehou het, sowel as Papillon Signs, Clearwater Plumbing, Body Workshop en Kardoesie het die dag geborg.

Laerskool Kalie de Haas het op 13 April om 9vm ‘n ‘Warrior Race’ by Ararat aangebied waar 90 deelnemers verskeie hindernissse aangepak het.

Spanne bestaande uit 10 of minder leerders het deelgeneem en selfs die personeel van die skool het teen die einde, net vir die grap, ook meegedoen.

Altesaam agt hindernisse het vir hoërskoolleerders tussen Standerton en Vrede voorgelê soos onder meer deur die Kliprivier te swem, bo-oor palette te klim en deur motorbande te hardloop.

Nissan, wat ook ‘n uitstalling gehou het, sowel as Papillon Signs, Clearwater Plumbing, Body Workshop en Kardoesie het die dag geborg.

Vetkoek en pannekoek was te koop aangebied en ‘n snoepie het ook flink sake gedoen.

Die sukses van die dag, wat merendeels om spanbou gegaan het, het die organiseerders me. Jolene Greaves en me. Patricia Wepener laat besluit om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.

Trapklublede se entoesiasme is aansteeklik
Trapklublede kry ’ modderbad.
Deelneemers betrag die volgende hindernis.
Een van die hindernisse by Laerskool Kalie de Haas se Warrior-reis.
Klou vir lewe en dood, maar kry tyd vir ’n glimlag.
Vele hande maak ligte werk.
Ons eie Dusi, nie waar nie?
Opwarmingsoefeninge vir deelneemers op 13 April met die mis wat laag lê.
Seil soos ’n slang teen die helling af.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button