Lourie Nel maak korte mette

Spelers kan uitsien na ’n ‘Medal Stableford’-kompetisie op Saterdag 20 April en ’n IPS-kompetisie op Maandag 22 April.

Gholfers het op Saterdag 13 April aan die jaarlikse Standerton ‘Masters’ deeelgeneem waar Lourie Nel met 39 punte as oorwinnaar uit die stryd getree het.

Dié wedywering het saamgeval met die gesogte groen baadjie se oorhandiging soos in Augusta, Georgia waar Tiger Woods geseëvier het.

Louis Gravett, ook met 39 punte op ‘n uittel, het tweede geëindig, terwyl Nico Lombard met 38 punte die derde plek behaal het.

Jannie Nichols was naaste aan die pen op 2/11, Rowan Brink naaste aan die pen op 8/17 en Jannie Nichols naaste vir 2 op 9/18.

Standerton Gholfklub bied elke Woensdag ‘n klubkompetisie aan en het alle gholfers genooi om dit te ondersteun.

Spelers kon uitsien na ‘n ‘Medal Stableford’-kompetisie op Saterdag 20 April en ‘n IPS-kompetisie op Maandag 22 April.

Lourie Nel stuur die bal met ‘n wighou putjie toe.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version