Standerton Trapklub kroon Francois Streicher as fietsryer van die jaar

Johann Vosloo is klublid van die jaar en Francois Streicher is na stemmery as die klubambassadeur van die jaar aangekondig.

Die speke het gesing en Standerton Trapklub het by hul onlangse prysuitdeling Francois Streicher as fietsryer van die jaar aangewys.

Peter Daniel het die trofees tydens die geleentheid oorhandig.

Jan Lombard is as die manlike padfietryser aangekondig, Monica Swart as sy vroulike eweknie en Luanco Claassens as die juniorryer.

Wat MTB-bergfietsryers aanbetref, is Louis Meyer as die manlike ryer, Lerina Hepburn as die vroulike ryer en Ludriaan Meyer as die juniorryer aangekondig.

Nathan Greyling, Hanru Meyer en Janco Meyer het die louere gedeel in die junior-seunsafdeling, terwyl Jasmyn Archer en Beandri Claassens in die junior-dogtersafdeling geseëvier het.

Pieter Swart het koning in die meestersafdeling gekraai, tewyl Ludriaan Meyer en Luanco Claassens onoorwonne in die juniorafdeling was.

Johann Vosloo is klublid van die jaar en Francois Streicher is na stemmery as die klubambassadeur van die jaar aangekondig.

Die nuwe bestuur is op ‘n jaarvergadering op 11 April gekies en bestaan uit Francois Streicher (voorsitter/sekretaris), Esmarie Botha (tesourier), Jean Greyling (ondervoorsitter/kaptein), Teresa Dinkelman en Elize Greyling (bemarking), Johann Vosloo en Louis Meyer (sosiale aktiwiteite), Nadia Stuckler en Brendan Archer (prysuitdeling) en Theo Viljoen (provinsiale verteenwoordiger).

Standerton Trapklub se presteerders is (agter) Luanco Claassens en Louis Meyer. In die middel is Lerina Hepburn, Peter Daniel, Francois Streicher, Nathan Greyling, Janco Meyer Ludriaan Meyer, Pieter Swart, Monica Swart en Jan Lombard. Voor is Jasmyn Archer, Hanru Meyer en Beandri Claassens. (Foto: Verskaf)
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version