EHS-seunshokkie en netbalspanne meet kragte teen Oosterland

Oosterland het hard terug geveg en die wedstryd het gelykop met twee doele elk geëindig.

Hoërskool Ermelo se eerste seunshokkie- en netbalspanne het op Dinsdag 16 April teen Hoërskool Oosterland te staan gekom.

Die seunshokkiespan het hulle vierde ligawedstryd gespeel.

André-Dale Groenewald en Charis Brundyn het elk ‘n doel vir EHS aangeteken, terwyl Lungelani Nhlapo, die Erries se doelwagter, hom uitstekend van sy taak gekwyt het en bankvas voor die doelhok gestaan het.

Oosterland het hard terug geveg en die wedstryd het gelykop met twee doele elk geëindig.

Al die spanne het hulle wedstryde gewen en die uitslae getuig van die spelers en afrigters se harde werk.

Hou die Hoëvelder dop vir al die netbaluitslae van dié kragmeting.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version