Local sportSport

Meyerville Hengelklub kompetisie by Grootdraai lewer 322 visse op

Die volgende wedywering is weer 'n dagkompetisie wat by die klubwater op 11 Mei sal plaasvind.

‘n Totaal van 50 hengelaars, met ‘n totale vangs van 322 visse van 139.516kg, het op Saterdag 13 April aan Meyerville Hengelklub se kompetisie deelgeneem.

Die vis van die dag is aan die swaarste sak modderbek toegewys.

Die uitslae in die onderskeie afdelings is:

In die meestersafdeling het Cobus Strijdom met 19 visse van 8.364kg eerste geëindig, gevolg deur Jan Nortje met 10 visse van 4.079kg en Pikkie Gleeson met nege visse van 3.639kg.

Die vis van die dag het aan Koos van Rensburg gegaan.

In die seniorafdeling het Richard Hills met 37 visse van 15.073kg die eerste plek behaal, terwyl Gerhard Lues met 23 visse van 11.117kg tweede en Johan van Wyngaardt met 17 visse van 5.01kg derde was.

Die vis van die dag het aan Danie Human gegaan.

In die vroue-afdeling was Marianne Erasmus onoorwonne met 16 visse van 4.8kg, gevolg deur Charlene Gerber met 11 visse van 4.544kg en Louise van Vuuren met nege visse van 3.882kg.

Die vis van die dag het aan Issa Pretorius gegaan.

In die juniorafdeling het Leandri Myburgh met agt visse van 2.563kg koning gekraai, gevolg deur Leonard Parkinson met sewe visse van 2.894kg en Nathan Marx met ses visse van 1.779kg.

Die vis van die dag het aan Nathan Marx gegaan.

“Hoewel dit koud was, was dit ‘n goeie opkoms,” het Cheniqe Roelofse, rekordbeampte, gesê.

Die volgende wedywering is weer ‘n dagkompetisie wat by die klubwater op 11 Mei sal plaasvind.

George Terreblanche glimlag op 13 April net voor inweeg. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button