Ermelo rugbymanne se fiksheid word teen East Rand United getoets

Die wedstryd het op Witbank se rugbyveld plaasgevind en volgens mnr. Pierre van Rooyen van die rugbyklub, het die rugbymanne van Ermelo skitterend gespeel.

Ermelo Rugbyklub het op Saterdag 13 April ’n vriendskaplike wedstryd teen East Rand United se 0/21-span op Witbank se velde gespeel.

“Die jongmanne van East Rand is topfiks en het ons manne stukkend gehardloop, maar hulle het nie teruggestaan nie en het goeie veggees getoon,” het mnr. Van Rooyen gesê.

Die Ermelo rugbyklub se eerste ligawedstryde sal op Saterdag 27 April by AJ Swanepoel Stadium op Ermelo plaasvind.

Die bestuur het die gemeenskap genooi om hulle te ondersteun.

Lees die volledige berig met die uitslae en puntemakers van die wedstryd in die week se Hoëvelder.

 

 

Exit mobile version