School sportSport

Hoërskool Secunda-spanne klop Alberton in wintersport

Secunda bied NWU-sportreeks op tuisveld aan

SECUNDA – Hoërskool Secunda het op Saterdag, 6 April op hul tuisveld met Hoërskool Alberton kragte gemeet in die NWU-sportreeks en goed gevaar.

Al Hoërskool Secunda se rugbyspanne, behalwe die tweedespan, het hul wedstryde gewen.

Die 0/14A-span se wentelling was 19-17, die 0/15A-span se wentelling was 21-0, die 0/16A-span se wentelling was 10-0 en die eerstespan se telling was 24-12.

Net een van Hoërskool Secunda se netbalspanne hul wedstryde verloor.

Spelers van Hoërskool Secunda en Hoërskool Alberton se 0/14B-netbalspanne in aksie Saterdag, 6 April tydens die NWU Sportreeks wat by Hoërskool Secunda aangebied is.

Secunda se 0/14A-span se wentelling was 26-8, die 0/15A-span se wentelling was 31-4, die 0/15B-span se telling was 21-13, die 0/16A-span se telling was 36-16, die 0/16B-span se telling was 36-3, die tweedespan se wentelling was 21-10 en die eerstespan s’n was 35-25.

Die 0/14B-span het verloor met 10-17.

Splers van Hoërskool Secunda en Hoërskool Alberton se tweede netbalspan in aksie op die baan Saterdag, 6 April tydens die NWU Sportreeks wat by Hoërskool Secunda aangebied is.

Secunda se meisieshokkiespanne het ook goed gevaar met net een span wat verloor het.

Die tweedespan het met 0-2 verloor terwyl die 0/14A-span se wentelling 11-0 was, die 0/15A-span se wentelling was 2-0, die 0/16A-span se wentelling was 7-0 en die eerstespan het met 2-1 gewen.

Hoërskool Secunda en Hoërskool Alberton se eerste hokkiespanne meet Saterdag, 6 April kragte tydens die NWU Sportreeks by Hoërskool Secunda.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button