Hoërskool Ermelo se wintersportspanne gebruik toere as voorbereiding vir die komende seisoen

Klofiefees het vanjaar 149 spanne vanaf regoor Suid-Afrika ingesluit en het EHS die geleentheid gebied om hulself teen sterk kompetisie te meet.

Wintersportspanne van Hoërskool Ermelo het die afgelope vakansie aan verskeie toere deelgeneem, met die doel om die spanne te kondisioneer en blootstelling op die veld en baan in wedstryd-formaat te gee.

Vyf van EHS se dogtershokkiespanne het die bekende Nedstar-hokkiekliniek in Pretoria gaan bywoon en baie geleer.

In die oggende is gefokus op vaardighede en verskillende spelpatrone en persoonlike aandag is aan elke hokkiespan gegee.

In die middae het die spanne wedstryde op die astrobane gespeel.

Die spanne het teen Hoërskool Bergsig, Hoërskool Garsfontein, Curro Nelspruit, Grantleigh College, Hoërskool Transvalia, Hoër Tegniese Skool Middelburg meegeding.

Marla Oosthuizen, Simoné Ferreira, Jani Hattingh, Zeldine Pienaar en Meghan Houy is vir die All Star-span gekies.

Hoërskool Ermelo Calstar eerste-dogtershokkiespan tydens hul toer na die Nedstar-hokkiekliniek in Pretoria. (Foto Verskaf)

Lana Herholdt, Anke de Kock en Anke Krüger van EHS se 0/16A-span is vir die All Star-span gekies.

Die eerste-seunshokkiespan het ook die Nedstar-hokkiekliniek bygewoon en het twee uit vyf wedstryde gewen.

Die eerste-netbalspan het na Hoërskool Waterkloof vir die gesogte Klofiefees getoer.

Hierdie toernooi het vanjaar 149 spanne vanaf regoor Suid-Afrika ingesluit en het EHS die kans gebied om hulself teen sterk kompetisie te meet.

EHS het teen skole soos Hans Moore, Framesby, Merensky, Heuwelkruin, Rand Park, Pretoria Girls, Prestige College, Windhoek, Randburg, Centurion en Brandwag gespeel.

Die dogters het by hierdie toernooi gebaat en sien uit na die liga wat voorlê.

Vier van Hoërskool Ermelo se rugbyspanne het na Camp Discovery getoer waar hulle lang ure op die veld spandeer het.

Lees meer oor die uitslae van die toere wat Hoërskool Ermelo se sportspanne bygewoon het in die week se Hoëvelder.

Hoërskool Ermelo Calstar se eerste-netbalspan tydens hul toer die afgelope vakansie na die Klofiefees wat by Hoërskool Waterkloof aangebied is. (Foto Verskaf)
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version