Ermelo rugbyklubbestuur nooi alle rugbymanne van Ermelo om by die klub aan te sluit

Die klub is baie opgewonde om mnr. Hennie van Jaarsveld as die afrigter van die span.

Ermelo Rugbyklub is reeds hard aan die oefen vir die nuwe seisoen wat voorlê.

Oefentye is vir Dinsdae en Donderdae om 6nm by AJ Swanepoel Stadion vasgestel. Met die liga wat net om die draai is nooi die klubbestuur al die manne wat verlede jaar gespeel het, asook alle spelers wat belangstel om vanjaar nuwe lede van die klub te word, om saam te oefen.

Die klub sal Saterdag, 13 April, ‘n vriendskaplike rugbydag in Witbank bywoon.

Hulle eerste liga-wedstryd sal op Saterdag, 27 April by AJ Swanepoel Stadion op Ermelo plaasvind.

Die eerstespan sal teen Carolina te staan kom en die tweedespan sal teen Matla kragte meet.

Die klub is baie opgewonde om mnr. Hennie van Jaarsveld as die afrigter van die span te verwelkom.

Ermelo rugbyklub vier hulle oorwinning in die eindstryd van verlede jaar se liga-wedstryde.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version