Sasol DigiMag en Bethal pak mekaar in vriendskaplike wedstryde

Die besoekers het in die tweede helfde oopgelê en die telbord opgejaag na ’n eindtelling van 66-10

BETHAL – Die Bethallers moes hard werk om die spelers van Sasol DigiMag van hul doellyn af weg te hou met ‘n vriendskaplike kragmeting op hul tuisvelde op Saterdag, 30 Maart.

Die Bethallers se eerste span het teen Sasol DigiMag se tweespan uitgedraf.

Hoewel hulle ‘n met tye heelwat tyd in Sasol se kwartgebied vertoef het, het Bethal slegs een keer daarin geslaag om deur die verdediging te breek en ‘n drie te druk.

Gerrie Erasmus het vir dié heuglike oomblik in die eerste helfde gesorg, kort nadat Sasol DigiMag se agsteman, Wian Prinsloo die eerste punte op die telbord geplaas het.

Sasol het hierna die punte ingeryg.

Teen halftyd het Sasol DigiMag met 24-7 voorgeloop. Die manne het hard gespeel en een van Sasol DigiMag se spelers is selfs van die veld gestuur.

Bethal is hiervoor met ‘n strafdoel beloon.

Die besoekers het in die tweede helfde oopgelê en die telbord opgejaag na ‘n eindtelling van 66-10.

Bethal se tweedespan het ook in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Sasol DigiMag se tweedes vasgeval.

Die eindtelling was 47-0 en die halftyd-telling was 28-0.

Tyrone Ferreira word deur Bethal se Gerrie Erasmus agterna gesit op sy pad na die doellyn.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version