Local sportSport

Drie Jonker-broers en pa draf op die veld vir die Bethal Buffels

Bethal se rugbyspan val vas teen Nigel se manne

BETHAL – Bethal Rugbyklub se twee spanne het die afgelope naweek teen Nigel uitgedraf en albei het verloor.

Die Bethal Buffels se eerstespan het met 14-31 verloor en die tweedespan met 5-12.

Die eerstespan se spelers van die wedstryd is Dawie Viljoen en Eben Jonker, en die tweedespan se spelers van die wedstryd is Dries Seynberg en PR Jansen van Rensburg.

Die drie Jonker-broers en hul pa het vir die eerste keer al vier vir die Bethal Buffels gespeel.

Hulle is Riaan (Brakkies), Nico, Riaan (Piesang) en Eben.

Brakkies speel nie gewoonlik nie en rig deesdae eerder rugby af, maar het Saterdag besluit om weer ‘n rugbytrui oor sy kop te trek.

Bethal speel eerskomende Saterdag ‘n vriendskaplike wedstryd op Nigel.

Die drie Jonker-broers en hul pa van Bethal Rugbyklub wat vir die eerste keer saam in ’n wedstryd gespeel het, is (voor) Riaan (Brakkie). Agter is Nico, Riaan (Piesang) en Eben.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button