Local sportSport

Standerton se krieketspan wen T20-liga op Bethal

Standerton Krieketklub blyk kerngesond te wees en die spelers het die liga op 'n hoogtepunt afgesluit.

Standerton Krieketklub het op Sondag 24 Februarie die septer by die T20-liga-eindstryd van die Gert Sibande-streek teen die Bethal Bears Old Boys geswaai deur hulle met 82 lopies te klop.

Hoërskool Hoogenhout het gasheer vir die kragmeting gespeel.

Die Old Boys het die loot gewen en Standerton ingestuur om eerste te kolf waar Werner Mouton se 53 lopies van 29 balle en Craig Young se 45 lopies van 29 balle ‘n noemenswaardige verskil gemaak het.

Mouton se kolfbeurt het vier sesse en drie viere ingesluit, terwyl Young met drie sesse en drie viere geslaag het.

Mouton en Young het ‘n vennootskap van 79 lopies van 46 balle gevestig.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.

Related Articles

Back to top button