Tennisleerders van Hoërskool Ermelo het vanaf 8 tot 10 Februarie die voorreg gehad om aan die Groot 5-tennistoernooi deel te neem.
Deelnemende skole was Hoërskool Garsfontein, Boland Landbou, Afrikaans Hoër Meisieskool, Afrikaans Hoër Seunskool, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Monument, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Wilgerivier en Hoër Tegniese Skool Middelburg.
EHS se seunsspan het agtste in die toernooi geëindig en die meisiespan het in die sesde plek geëindig.
Lees ook:
Bekende Puma-afrigters en oud-Erries deel hulle afrigtingsvernuf met Ermelo Hoërskool
You can read the full story on our App. Download it here.