Local sportSport

Stoeiers meet kragte op Secunda

Belangstellendes kan by Sasol Stoeiklub aansluit

SECUNDA – Nico van den Berg van Sasol Stoeiklub, het Saterdag, 9 Februarie tydens die Suid-Afrikaanse Stoeivereniging se porewe, eerste in die Vrystyl 57-61kg-afdeling geëindig.

Die proewe is by die Sasol Stoeiklub op Secunda aangebied.

Stoeiers van verskeie plekke het aan dié proewe deelgeneem om vir die Suid-Afrikaanse Stoeispan wat in Maart aan die Afrika Stoeikampioenskap in Tunisië gaan deelneem, gekies te word.

Van den Berg is die enigste stoeier van Sasol Stoeiklub wat ‘n plek behaal het.

Die ander stoeiers wat eerste plekke in die kadet-vrystylafdeling behaal het is Kirwan Boshoff, Ashley Plaatjies, Ruan Zandberg, Fernando Booysen, Rubin Jansen van Vuuren, Mika Lehmkuhl, Arno van Zijl en Kegan Coetzee.

In die junior vrystylafdeling was die wenners Gerswhin Farao, Edrich Nortjé, Luco Meyer, Jaundré van Riel, Matthew Bartlett, Hanco Strydom, Steyn de Lange, Machiel Grobler en Jacques Kriel.

In die senior vrystylafdeling het Tanki Tau, Edrich Nortjé, Matthew Bartlett, Zander Geringer, Steyn de Lange, Johan Mostert en Martin Erasmus eerste plekke los gestoei.

In die kadet Grieks Romeinse-afdeling was Riehan Botha, Christo Nagel, Francois Joubert, Niel du Toit, Morne Pretorius en Jaco du Toit eerste in hul onderskeie gewigsafdelings.

In die junior Grieks Romeinse-afdeling het Lu-Shawn Kok, Tharollo Lubesi, Os de Wet en Crowther van Niekerk met die eerste plekke weggestap. Gert Coetzee, Dean van Zyl en Gabriel Nel was die wenners in die senior Grieks-Romeinse afdeling en Lene van As en Charmone Oosthuizen was die wenners in die kadet vroue-afdeling.

In die junior vroue-afdeling het Lezandri Zandberg as die wenner weggestap.

Sasol Stoeiklub se stoeiers oefen op Maandae en Woensdae en belangstellendes is welkom om aan te sluit.

Vir meer inligting, skakel me. Lollie van den Berg by 082 343 7800.

Mika Lehmkuhl (blou) en Leon Myburgh (rooi) sê mekaar die stryd aan Saterdag, 8 Februarie tydens die Suid-Afrikaanse Stoeiproewe wat by die Sasol Stoeiklub aangebied is.

Related Articles

Back to top button