Local sportSport

Sasol DigiMag wen plaat en beker by 7s-toernooi

Plaaslike Rugbyklub meet Saterdag kragte met Delmas

SECUNDA – Sasol Rugbyklub se spanne het die afgelope naweek uitgeblink.

Sasol DigiMag se eerste, tweede- en derde spanne het op Bethal aan ‘n 7s-toernooi deelgeneem en die Beker en die Plaat gewen.

Die Sasol DigiMag-oefengroep wat aan die Gold Cup-toernooi deelneem het in Durban ‘n opwarmingswedstryd teen die Rovers gespeel en met 10-12 verloor.

Die puntemakers is Berty Visser wat ‘n drie gedruk het, en Jannie van der Merwe wat ‘n strafdoel aangeteken het en ‘n drie verdoel het.

Twee van Sasol DigiMag Rugbyklub se spanne speel teen Delmas, Saterdag, 16 Februarie, op Delmas.

Jannie van der Merwe van Sasol DigiMag Saterdag tydens hul wedstryd teen die Rovers in Durban.
Fanie Booysen van Sasol DigiMag Rugbyklub in aksie Saterdag tydens hul opwarmingswedstryd teen die Rovers in Durban. (Foto deur Henry Rutherford (Sharkie)).
Dirk Lowies en William Pretorius met die Beker en Plaat wat Sasol DigiMag se eerste- tweede- en derde spanne gewen het in ’n 7s-rugbytoernooi Saterdag op Bethal.
Sasol DigiMag Rugbyklub het die plaat en beker Saterdag by die 7s-rugbytoernooi op Bethal gewen.

Related Articles

Back to top button