34 spanne van Ermelo, Heidelberg, Vrede, Pretoria, Secunda, Standerton en Bethal skryf in vir Hoëveld Kansa rolbaldag

Ermelo se Burgermeester, mnr. Buti Mkhaliphi het die dag besoek en het Ermelo Rolbalklub bedank vir die instandhouding en verbeteringe van die rolbalbane.

Die grootste rolbaltoernooi van die afgelope vyf jaar het Saterdag, 9 Februarie by Ermelo Rolbalklub ten bate van Kansa Suid-Afrika, plaasgevind.

Die fondsinsamelingsprojek is deur ‘Bowls SA’ geloots.

Ouma Rooi en Tassos het die kontantpryse van R12 000 vir die dag geborg, geskenkbewyse is deur me. Ita van Wyk en Wimpy geborg, en Frik Barnard het die musiek vir die dag behartig.

Sowat 34 spanne van vier spelers het ingeskryf, waarvan ses as beginner-spanne ingeskryf het.

Spanne van Ermelo, Heidelberg, Vrede, Pretoria, Secunda, Standerton en Bethal het aan die dag deelgeneem.

Die wenners van die dag was Gert Beukes, Theuns Coetzer, At Stander en Stefan Swanepoel van die Ou Toppies-span van Ermelo, met Jimmy Holloway, Marius Labuschagne, Annet van Rooyen en Gert van Rooyen van die Wegkruipertjies-span van Secunda in die tweede plek. Michael Maherry, Roy Maherry, Mariekie Findlay en Chrismari Erasmus van Ermelo in die Cancer Warriors-span het die derde plek geneem.

Die wenners van die beginner-spanne was JOLT Elektries van Ermelo.

Die gaste is getrakteer met ‘n heerlike ontbyt en die dag is afgesluit met ‘n skaapbraai en prysuitdeling.

Ermelo se Burgermeester, mnr. Buti Mkhaliphi, het die toernooi besoek en het Ermelo Rolbalklub bedank vir die instandhouding en verbeteringe van die rolbalbane.

“Ek wil elke donateur, helper en klublede bedank vir julle onbaatsugtige diens aan Ermelo Rolbalklub,” het me. Gerda Swanepoel, voorsitter van die rolbalklub, afgesluit.

Vir meer fotos lees ook:

https://highvelder.co.za/74789/gallery-34-spanne-neem-deel-aan-kansa-rolbaltoernooi-op-ermelo/

 

Exit mobile version