Danie Roos is aangewys as die algehele wenner van Laeveld Jagtersvereniging se eertse skietdag

Thelmari Aucamp is aangewys as die wenner in die vroue-afdeling en Joël Slabber is die wenner in die junior-afdeling.

Danie Roos is die algehele wenner van Laeveld Jagtersvereniging (LJV) se eerste skietdag vir die nuwe jaar.

Die kompetisie het by die klub se skietbaan op die Amersfoort-pad plaasgevind.

Thelmari Aucamp is aangewys as die wenner in die vroue-afdeling en Joël Slabber is die wenner in die junior-afdeling.

Die ander uitslae is: 

Daniel Slabber het die eerste plek ingeneem in die senior mans-afdeling, gevolg deur Marius Grobbelaar tweede en Jurie Potgieter derde.

In die veterane-afdeling is Danie Roos as die wenner aangewys met Dirk Snyman tweede en Lourens Greyling derde.

Die dag se kompetisie het uitgereën, waarna die skuts besluit het om heerlik om die braaivleisvure by die klubhuis te kuier.

Die klub bied Saterdag, 9 Februarie ‘n drie-geweer skietkompetisie aan, en Saterdag, 23 Februarie vind die langgeweer skietdag plaas.

Hulle nooi alle belangstellendes om die dae saam te kom skiet.

Riaan Stander mik om die teikens raak te skiet tydens die Laeveld Jagtersvereniging se eerste skietdag.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version