School sportSport

Die eerste Dup van Rensburg uitnodigings-atletiekbyeenkoms sorg vir goeie atletiekprestasies op Ermelo

Dit was die eerste van vele Dup van Rensburg byeenkomste wat nog aangebied sal word.

Ligbron Akademie vir Tegnologie het die eerste Dup van Rensburg Uitnodigingsatletiekbyeenkoms Saterdag, 19 Januarie op Ligbron se atletiekbaan aangebied.

Dit was die eerste van vele Dup van Rensburgbyeenkomste wat nog aangebied sal word.

Die dag was ‘n sukses en die Liggies het goed presteer.

Die deelnemende skole was Ligbron, Hoërskool Lydenburg, Pongola Akademie en Hoërskool Delmas.

Die volgende Liggies het na afloop van die dag trofees ontvang vir hulle uitstekende prestasie:

Carla Niebuhr is aangewys as die Senior Victrix Ludorum, Landulwazi Nkosi is aangewys as die Junior Victor Ludorum, Kwanele Nkambule is aangewys as die beste Senior Seuns Baanatleet, Landulwazi Nkosi is aangewys as die beste Junior Seuns Veldatleet, Jandri Coetzee is aangewys as die beste Senior Dogter Veldatleet en Sias Jacobs is aangewys as die beste Senior Seuns Veldatleet.

Jandri Coetzee gly oor die hoogspringlat tydens die Dup van Rensburg Uitnodigingsatletiekbyeenkoms wat Saterdag, 19 Januarie by Ligbron aangebied is. Sy is ook aangewys as die beste senior dogters veldatleet. (Foto: Verskaf)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button