School sportSport

Laerskool JJ van der Merwe se atlete herskryf rekords by Laerskool Kragbron in Witbank

Die atlete het hul goed van hul taak gekwyt en het 21 goue medaljes, 13 silver medaljes en 13 brons medaljes ingepalm.

Atlete van Laerskool JJ van der Merwe het Saterdag, 26 Januarie by Laerskool Kragbron in Witbank gaan meeding.

Die atlete het hul goed van hul taak gekwyt en het 21 goue medaljes, 13 silver medaljes en 13 brons medaljes ingepalm.

Marlioné Erasmus het die dogters 0/11, 80m rekord verbeter na 11.59 sekondes.

Kryn Romijn het die seuns 0/12, 150m rekord verbeter na 20.47 sekondes.

Morné Engelbrecht het die seuns 0/12 se 150m hekkies-item verbeter na 22.22 sekondes en die 75m hekkies-item na 11.87 sekondes.

In die gewigstoot dogters 0/10 het Michaella dos Reis die rekord opgeskuif na 7.05m.

Ruben Kruger het in die seuns 0/13 diskus-item ‘n rekord van 30.77m gegooi en Tyrone Berning het die hoogspringrekord herskryf met ‘n sprong van 1.66m

Die atlete van Laerskool JJ van der Merwe wat rekords by Laerskool Kragbron laat tuimel het is Marlioné Erasmus, Kryn Romijn, Tyrone Berning, Ruben Krüger, Morné Engelbrecht en Michaella dos Reis. (Foto: Verskaf)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button