School sportSport

Hoërskool Ermelo knoop die stryd aan teen Ligbron Akademie vir Tegnologie in die eerste T20-krieketwedstryd

Op hul beurt het Ligbron die lopies in 11.1 beurte suksesvol nagejaag met die verlies van slegs twee paaltjies.

Hoërskool Ermelo het Woensdag, 23 Januarie op hul tuisveld teen Ligbron Akademie vir Tegnologie te staan gekom vir hul eerste wedstryd in vanjaar se T20-krieketliga.

Dit is vanjaar die eerste keer dat die Erries aan die kompetisie deelneem.

EHS het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Hoërskool Ermelo het daarin geslaag om 104 lopies vir sewe in die toegelate 20 boulbeurte aan te teken.

Op hul beurt het Ligbron die lopies in 11.1 beurte suksesvol nagejaag met die verlies van slegs twee paaltjies.

Ligbron het die wedstryd met agt paaltjies gewen.

Die Erries se volgende wedstryd vind Woensdag, 31 Januarie teen Hoërskool Oosterland op EHS se gronde plaas.

Luke Bulford van Hoërskool Ermelo tydens sy boulbeurt teen Ligbron Akademie vir Tegnologie. (Foto verskaf)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button