Vier lede van die Full Moon Cue Sportklub op Ermelo het Saterdag, 19 Januarie en Sondag, 20 Januarie aan die swartbal-proewe deelgeneem.
Die proewe het by Panda’s Klub op Secunda plaasgevind. Elke speler het hard gespeel om die eerste drie wedstryde te wen, maar het slegs 25 minute gehad om sy teenstander te klop.
Na twee lang dae is die Mpumalanga-spanne aangekondig wat later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Mans Swartbal-kampioenskap sal deelneem.
Charles Wahlstrand van Ermelo het saam met Hendry Erasmus, Kyle Jonker, Darren Barnard en Mandi Mente van Panda’s Klub die eerstespan behaal.
In die tweedespan is Hein Heine van Full Moon Cue Sport, Piet Skozana en Shane Nolan van Gringo’s Klub en Paul Khumalo en Peter Nwaila van Panda’s Klub.
Die derdespan is Adam Nel (Panda’s), Solomon Makhubela (Gringo’s), Jaco Pretorius (Panda’s), Abdul Ganj (Gringo’s) en Willem Roos (Riverbank).
Ermelo Full Moon Cue Sport nooi alle belangstellendes om Dinsdae en Donderdae om 6nm by hulle aan te sluit. Die klub is by Ermelo Buiteklub op die Hendrina-pad.