Local sportSport

Kom ondersteun KANSA “Relay for Life” by Ermelo skouterrein

Die aflos bied die geleentheid om kankeroorlewendes te vier, om diegene wat die stryd verloor het te onthou en mense meer bewus te maak van kanker en die stryd daarteen.

Dis amper weer tyd vir die jaarlikse “Relay For Life” wat Saterdag, 9 Februarie om 6nm by Ermelo skouterrein sal plaasvind.

Dié inisiatief is reeds in 1985 deur dr. Gordy Klatt van Amerika begin wat van mening was dat een persoon wel ‘n verskil kan maak aan die eindelose pyn en verlies van kanker.

Dr. Klatt het besluit om geld in te samel vir diegene wat veg teen kanker deur 24 uur om ‘n baan te hardloop.

Sy passie was aansteeklik en die volgende jaar het hy vriende, familie en medewerkers ingespan en “Relay For Life” het ontstaan.

Dit is ‘n unieke gebeurtenis wat almal in die gemeenskap die geleentheid bied om ondersteuning te gee aan soveel wat reeds die stryd verloor het, asook dié mense wat daagliks nog veg daarteen.

Die geleentheid is geskik vir oud en jonk.

Spanne samel geld in voor en gedurende die geleentheid en die geld word vir KANSA-dienste in die gemeenskap gebruik.

Die spanne bestaan uit 10 tot 15 lede wat beurte maak om te loop of te hardloop vir 12 uur met die doel om te alle tye ten minste een van die spanlede aktief op die baan te hê.

Die aflos bied die geleentheid om kankeroorlewendes te vier, om diegene wat die stryd verloor het te onthou en mense meer bewus te maak van kanker en die stryd daarteen.

Vir meer inligting skakel me. Sonja Kirk by 083 304 7006. Alle pasiënte en ‘survivor’-registrasies kan by me. Rethia Naude voltooi word by 082 494 9161.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button