Twee van Secunda wen rolbalkampioenskap

Die Hoëveld-kampioenskap ’n groot byeenkoms waar 74 wedstryde oor agt rondes gespeel is

SECUNDA – Twee rolbalspelers van die Secunda Sasol Rolbalklub het koning gekraai tydens die Hoëveld-enkelkampioenskap vir mans wat die afgelope naweek op die rolbalbaan van Sasolklub gespeel is.

Lanie Nel is as die kampioen in die ope-afdeling gekroon en Koos Jonker het die titel as senior-kampioen opgeraap.

Nel het in die eindstryd teen Fritz Olmesdahl van Ermelo gespeel. Hy het eerste 21 punte behaal teenoor Olmesdahl se 11 punte.

Riaan Harris en Vaino Prinsloo, albei van Ermelo Rolbalklub, het vir derde en vierde plekke in die ope-afdeling uitgespeel.

Dit was egter Prinsloo wat eerste 21 punte aangeteken en dus die derde plek behaal het.

In die seniorafdeling se eindstryd het Jonker met Tiens Zietsman van Vrede afgereken.

Volgens mnr. Johan Jansen, skakelbeampte van die Secunda-klub, was dit ‘n strawwe kompetisie en moes die spelers hard gewerk het om die eindstryd te haal.

Die vyf klubs wat sake uitgespook het, is van Sasol Secunda, Bethal, Ermelo, Standerton en Vrede.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version