Local sportSport

Ermelo Ringbalklub nooi almal om by die oefening aan te sluit

“Die sport is vir die hele gesin en ’n goeie manier om familietyd saam te spandeer en oefening te kry.” het me. Delina Smith gesê.

Ermelo Ringbalklub het Maandag, 14 Januarie die jaar afgeskop met hul eerste oefening.

Die klub nooi almal om by hulle aan te sluit op Maandae en Woensdae om 6nm by die AJ Swanepoel Stadion in Ermelo.

Almal is welkom, van oud tot jonk.

“Die sport is vir die hele gesin en ’n goeie manier om familietyd saam te bestee en oefening te kry,” het me. Delina Smit gesê.

Skakel Dries Smit by 071 684 6725, Driekie van Nieuwenhuizen by 084 998 0013 of Delina Smit by 072 858 4264.

Lede van die Ermelo Ringbal klub is (voor) Charlie Groenewald, Driekie van Nieuwenhuizen, Dries Smit, Delina Smit en Michael van Nieuwenhuizen. Agter is Elmarie Marais, Alice Smit, Evette Groenewald, Carla Klaasen, Olivia Thirion, Annieka van Eck, Debbie du Preez, Zandra van der Merwe en Catie van den Berg.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button