Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak bied suksesvolle prysuitdeling aan

Morné Barnett is ook aangewys al die algehele wenner vir die beste skut van die jaar.

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietbok-tak het onlangs hulle skuts beloon tydens die jaarlikse prysuitdeling en aandete wat by die N.G. Kerk op Breyten gehou is.

Trofees vir die Langste Horings tydens die trofeemeet het in die senior mansafdeling gegaan aan Jaco Human (blouwildebees), Ben Oelofse (springbok, rooihartebees en gemsbok) en Tiaan Burger (koedoe).

Minette Grobler (koedoe) is in die senior vroue-afdeling en Franco Calitz (witblesbok en rooibok) en Leon le Roux (rooibok) in die juniorafdeling beloon.

Die Orde van die Buffeltoekening is nasionaal en is ook tydens die afsluiting aan die voorsitter, mnr. Charles Robberts, vir sy uitmuntende werk aan die klub oorhandig.

Vir volgehoue lidmaatskap, is Roger Barnett, Bertie Faul, Braam Fouche en Max van der Merwe vir vyf jaar-lidmaatskap en Martin Steenkamp vir 10 jaar-lidmaatskap vereer.

Luché Geldenhuys is aangewys as die beste junior dogter vir die jaar tydens die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) Rietboktak se jaarlikse prysuitdeling.

Stephan Uys is aangewys as die Beste Junior Skut Seun vir die Jaar en Luché Geldenhuys as die Beste Junior Dogter vir die Jaar.

Tok van Schalkwyk het weggestap as die Beste Veteraanskut vir die Jaar.

Die Beste Senior Mans Skuttrofee is toegeken aan Morné Barnett en die Beste Senior Vroue Skuttrofee aan Elize Barnett.

Morné Barnett is ook aangewys as die Beste Skut van die Jaar.

Twee van die klub se skuts het ook ingeskryf vir ‘n fotografiekompetisie en Izel Barnett het ‘n brons- en silwertoekening ontvang en Gerrit Beylefeld ‘n silwer toekenning.

Sy foto het goud verwerf tydens die Nasionale Kongres van Suid-Afrika Jagters wat Saterdag, 3 November plaasgevind het.

Balkies word aan elke skut oorhandig vir die afdelings waarin hulle presteer het en WJ Swart het skoonskip gemaak deur nege balkies te ontvang.

Die klub het hulle dank uitgespreek teenoor al die lede wat die skietdae ondersteun het, asook Wildman en die Hoëvelder vir hulle ondersteuning en Rudi Prinsloo wat ‘n skaap geborg het vir die jaarafsluiting.

Die beste senior vroue skut-trofee is toegeken aan Elize Barnett, saam met haar is die voorsitter van die SAJWV-Rietboktak, mnr. Charles Robberts.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version