Local sportSport

Sasol verloor een wedstryd terwyl ander wedstryd uitreën

Die punte is gedeel omdat die wedstryd afgeroep is weens ’n nat buiteveld.

SECUNDA – Sasol 2 Bulldogs het Saterdag, 17 November met Ermelo kragte gemeet en in die stof gebyt.

Sasol 2 het met slegs ses lopies verloor.

Ermelo het 164 lopies aangeteken, terwyl Sasol 2 ‘n totaal van 158 lopies aangeteken het.

Sasol 1 het Sondag, 18 November met Bethal kragte gemeet en Bethal uitgeknikker vir 99 lopies.

Ssaol 1 het 89 lopies aangeteken vir twee in die 14de boulbeurt toe die spelers van die veld af geroep is weens weerlig.

Die punte is gedeel omdat die wedstryd gestaak is weens ’n nat buiteveld.

Sasol 1 se beste bouler was Siya Mahima met vier paaltjies vir slegs nege lopies.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button