Local sportSport

Atlete ding mee op Bethal

Organiseerders van wedloop bedank borge vir die dag.

BETHAL – Graham Malinga was die wenner van die 21km-wedloop in die ope-afdeling van die Afrikaanse Christelike Kerk Vorentoe se marathon Saterdag, 8 September.

Sy tyd was 1:14,19. Never Mhlango van Bethal het tweede geëindig met ’n tyd van 1:14,26, terwyl Derrick Masanga derde geëindig het met ’n tyd van 1:14,49.

Deelnemers kon kies tussen die 21km, die 10km en ’n pretloop.

Altesaam 196 atlete het aan al drie wedlope deelgeneem.

Abednego Shongwe was die wenner in die 50-jarige afdeling van die 21km-wedloop met ’n tyd van 1:39,02 en Paul Grobler van Secunda het die 60-jarige afdeling van die 21km-wedloop gewen met ’n tyd van 1:43,19.

Onder die vroue was Eunice Nhlapo die vrou wat eerste oor die wenstreep gehardloop het in die ope-afdeling van die 21km-wedloop.

Haar wentyd was 1:39,01.

Meintjie Jansen en Emrie van den Heever van Secunda het onderskeidelik tweede en derde geëindig en hul onderskeie tye was 1:47,23 en 2:01,57.

Irma Liebenberg van Bethal het die 50-jarige afdeling van die 21km-wedloop gewen met ’n tyd van 2:9,35.

Jabulani Mthombeni het eerste oor die wenstreep gehardloop in die ope-afdeling van die 10km-wedloop en sy tyd was 35 min, 18 sek, terwyl Johannes Sibande van Bethal tweede geëindig het met ’n tyd van 40 minute en Thako Lephoto was derde met ’n tyd van 41 min, 6 sek.

Johan Makhanya het die afdeling vir 50-jariges gewen met ’n tyd van 47 min, 34 sek en Isaac Manyika het die afdeling vir 60-jariges gewen met ’n tyd van 54 min, 29 sek.

Hannetjie Pretorius was die eerste vrou wat in die ope-afdeling van die 10km-wedloop oor die wenstreep gehardloop het met ’n tyd van 52 min, 21 sek.

Sulize Alberts van Secunda het tweede geëindig met ’n tyd van 53 min, 41 sek en Ingrid Scheepers was derde met ’n tyd van 59 min, 43 sek.

Elize Trollip van Bethal het die afdeling vir 50-jariges gewen met ’n tyd van 1:10,51.

Me. Janine Botes, een van die organiseerders van die wedloop, het al die borge van die waterpunte, wat Absa, Greta Britz Rekenmeesters en Hoërskool Hoogenhout insluit, bedank.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button