Local sportSport

Brümilda Pieterse styg uit bo omstandighede

Melanie is van mening dat professionele perdry nie net ’n sport vir dan en wan is nie, maar dat dit dissipline vereis.

Brümilda Pieterse, plaaslike perderuiter, sal op 18 September met Air Mauritius vertrek om die All African Mauritian Friendship Cup, as deel van ‘n uitgelese toergroep, by te woon.

“Sy is die jongste ruiter wat uitgenooi is om te wedywer,” het ma, Melanie, laat blyk.

Die Standerton Advertiser het in die 7 September uitgawe berig oor die struikelblokke wat in haar pad gestaan het.

Perdrytoerusting het voete gekry na ‘n diefstal op 29 Augustus van drie saals en vier tooms waarvan die skade R30 000 beloop.

Haar perd Malibu, kan ook nie meer aan kompetisies deelneem na ‘n besering nie en het ‘afgetree’.

Die dier word nou in stalle by Melanie se suster in Johannesburg versorg.

Brümilda het die laaste vyf jaar mededingend begin ry en haar borg, Quantum Energy, sorg dat die jong sportvrou gereeld haar opwagting by nasionale kompetisies kan maak.

Sy het dié kompetisies uitgesonder as hoogtepunte in haar loopbaan tot dusver, hoewel die nuutste prestasie nie aan die agterspeen suig nie.

“Dit was ‘n moeilike jaar en om vir die A-span gekies te kon word, was ook ‘n hoogtepunt.”

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button