Local sportSport

Laeveld Jageters Vereniging geniet heerlik sonskyn tydens pret-skietdag

Die skietdag het om 8vm afgeskop waar die agt spanne wat bestaan het uit vier skuts elk.

Laeveld Jagters Vereniging (LJV) het Saterdag, 1 September ’n pret skietdag by Klipfonteinskietbaan op die Amersfoort-pad aangebied.

Die dag het om 8vm afgeskop met agt spanne wat uit vier skuts elk bestaan het.

Die spanne het aan ses bane deelgeneem om punte op te bou vir die span. Die bane het bestaan uit twee gongbane, ’n haelgeweerbaan, kettieskiet, .22-baan en die langbaan.

Happy Days-span het die dag gewen met ’n totale telling van 1 476 punte. Kort op hul hakke was die Weekend Warriors-span met 1 415 punte.

In die derde plek was PK-span met 1 250 punte, gevolg deur 4xW-span in die vierde plek met 1 206 punte.

Die Gong Squad Virbac-span het die vyfde plek ingeneem met 1 180 punte en die 4 Musketeers die sesde plek met 1 078 punte.

Die Madalas-span het in die sewende plek geëindig met 1 037 punte en P-Shooters in die agtste plek met 974 punte.

Anje Peens van die Weekend Warriors-span is op die kettiebaan tydens Saterdag se pret skietdag. (Foto verskaf)
Die Gong Squad Virbac -span. Agter is Christo Botha, Johan du Toit en Anelle du Toit. Voor is Divan Botha en Jowan du Toit. Die span het vyfde geëindig. (Foto verskaf)
Die Happy Days-span het as die wenners van die pretskietdag weggestap. Die span is Pieter Ackermann, Piet van den Heever, Frederik Cilliers en Deon Muller. (Foto verskaf)

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button