Local sportSport

Ermelo-rugby storm voort

Die eerstespan het teen Witbank uitgedraf en na 80minute se klipharde spel het hulle die wedstryd 41-28 gewen

Ermelo Rugbyklub het Saterdag, 25 Augustus tydens die halfeindstryde van die rugbyliga as oorwinnaars van die veld gedraf.

Die wedstryde het op die AJ Swanepoel Stadion plaasgevind.

Die eerstespan het teen Witbank uitgedraf en na 80 minute se harde spel, het hulle die wedstryd 41-28 gewen onder leiding van hul kaptein, Vincent Sonnekus.

Divan Sonnekus is as agterspeler van die wedstryd aangewys en Willie de Jager as voorspeler van die wedstryd.

Die puntemakers van die span is Henkie Jacobs (1), Boer van Niekerk (2), DC Swart (1), Ruben Kruger (1), Willie de Jager (1) en Dave Harris (1).

DC Swart het in drie doelskoppe geslaag.

Die tweedespan het teen Witbank uitgedraf en die wedstryd met ’n telling van 31-25 gewen.

Hanno de Villiers is as voorspeler van die wedstryd aangewys en Jacques Mareé as agterspeler van die wedstryd.

Die puntemaker was Rohan de Villiers, Jacques Mareé, Diaan Saaiman, Marnus Muller en Pieter Pretorius wat die drieë aangeteken het en Diaan Saaiman wat in drie doelskoppe geslaag het.

Die klub bedank me. Juanita van Rooyen wat gereël het dat die VOC-radiostasie die wedstryd uitsaai, en Wimpy Ermelo vir die borg van die spelers van die wedstryde.

Volgens die afrigter, mnr. Pierre van Rooyen, het die spanne klipharde wedstryde gespeel en het veggees getoon en nooit die handdoek ingegooi nie.

Albei spanne speel Saterdag, 8 September in die eindstryd op Ermelo.

Die klub nooi die gemeenskap om hulle te gaan ondersteun. Die eerstespan sal teen Standerton te staan kom en die tweedespan teen Bethal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button