Ligbron Akademie vir Tegnologie se dogters krieketspanne verloor teen Piet Retief en Secunda

Die Liggies het 167 lopies vir die verlies van 7 paaltjies aangeteken

Die eerste en tweede dogterskrieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Maandag, 6 Augustus onderskeidelik teen Hoërskool Secunda en Hoërskool Piet Retief gespeel.

Die eerstespan het op Secunda gespeel en is ingestuur om eerste te kolf. Die Liggies het 167 lopies vir die verlies van sewe paaltjies aangeteken. Secunda het dié telling in die 15de boulbeurt verbygegaan en die wedstryd met vyf paaltjies gewen.

Die tweedespan het tuis teen Piet Retief se eerstespan te staan gekom. Piet Retief het eerste die kolf opgeneem en 278 lopies in 20 boulbeurte vir die verlies van vier paaltjies aangeteken.

Ligbron het 37 lopies in agt boulbeurte aangeteken met almal uit.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version