Local sportSport

Bethal Rugbyklub klop Carolina

Bethal speel Saterdag tuis teen Witbank.

BETHAL – Bethal Rugbyklub het Vrydagaand, 3 Augustus teen Carolina in ’n wegwedstryd gespeel en hulle met 33-0 geklop.

Bethal se spelers van die wedstryd was JG Terblanch (voorspeler) en Calvin Mengel (agterspeler).

Die puntemakers vir die wedstyd was Francois Berry, Riaan (Piesang) Jonker, JG Terblanch, Roedolf Britz en Leon van den Berg wat elk een drie gedruk het en Nico Jonker wat een drie verdoel het en twee strafdoel deur die pale gestuur het.

Bethal speel die eerskomende naweek tuis teen Witbank.

Die wedstryde begin Saterdag, 11 Augustus om 2nm (tweedespan) en 3.30nm (eerstespan).

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button