Sasol DigiMag Rugbyklub verloor een wedstryd en speel gelykop

Tweede span speel Saterdag op Secunda.

SECUNDA – Sasol DigiMag Rugbyklub se eerste- en tweedespanne het Saterdag, 21 Julie in Mbombela teen Nelspruit 1 en 2 gespeel.

Sasol DigiMag 2 het verloor terwyl die eerstes gelykop gespeel het.

Sasol DigiMag 1 se telling was 25 elk teen Nelspruit 1 en Sasol DigiMag 2 se telling was 12-22 teen Nelspruit 2.

Sasol DigiMag 1 se spelers van die wedstryd was Dalton Smit en Francois Jacobs en Sasol DigiMag 2 se spelers van die wedstryd was Anwar Fillis en Siphesihle Zulu.

Sasol DigiMag 2 draf eerskomende Saterdag uit teen die Highlanders van Newcastle en Sasol DigiMag 1 speel Saterdag, 11 Augustus tuis in die eindronde van die liga.

Hulle weet nog nie teen watter span nie.

Exit mobile version