Sport

Groot pryse op die spel by Radio Kragbron en Hoërskool Oosterland se hengelfees

Daar word slegs gehengel vir karp en die grootste karp vat die grootste prys.

TRICHARDT – Radio Kragbron en Hoërskool Oosterland hou ’n hengelfees by Trichardtsfonteindam op 9 Augustus.

Die kompetisie begin om 7vm en duur tot 3nm.

Die inskrywingsgeld is R180 per hengelaar. Daar is afdelings vir mans, vroue en junior hengelaars.

Diegene wat nie gaan hengel nie, kan steeds die dag saam geniet, piekniek hou en die stalletjies besoek.

Kaartjies kan gekoop word by Radio Kragbron, Hoërskool Oosterland en Hook It op Trichardt.

Daar word slegs gehengel vir karp en die grootste karp vat die grootste prys.

Verskeie ander pryse is ook op die spel.

Belangstellendes wat stalletjies wil opsit, kan Line de Vries skakel by 082 786 0134.

Meer inligting kan verkry word deur Thinus te skakel by 076 850 8329 of na Radio Kragbron 93.1 fm en 104.9 fm te luister.

Related Articles

Back to top button