Standerton Rugbyklub klop Carolina oortuigend

Met dié aantal oortredings was daar af en toe woordewisselings en so bietjie handsakgevegte soos dit nou maar goeie en harde klubrugby betaam.

Standerton Rugbyklub het op 30 Junie met 40-10 teen die span van Carolina geseëvier.

Die manne van Standerton het binne die eerste 10 minute van die wedstryd deurgebreek om punte op die telbord te sit.

Die kragtige, dog vlugvoetige voorspelers, het keer op keer deur Carolina se verdediging gebreek, met die agterlyn wat daaruit munt kon slaan.

Standerton het gedurende die eerste helfte die meeste balbesit geniet en die grootste gedeelte van die helfte in Carolina se halfgebied geboer.

Albei spanne se dissipline het hul egter in die steek gelaat en gereelde strafskoppe het die vloei van die wedstryd belemmer.

SIEN OOK: Galery – Standerton Rugbyklub trap Carolina-span se tjank af

Met dié aantal oortredings was daar af en toe woordewisselings en so bietjie handsakgevegte soos dit nou maar goeie en harde klubrugby betaam.

Hoewel Standerton se voorry die grondslag vir goeie aanvalsgeleenthede gelê het, het mnr. Jakes Coetzee, klubvoorsitter, gesê dat hul graag sou wou sien dat die agterlyn meer gekapitaliseer het.

Lees die volledige wedstrydverslag in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version