Sport

Potbalspelers van Ermelo skiet raak tydens die tweede ronde van die liga

Die tweede ronde van die swartbal-liga het gesorg vir goeie spel en vermaak.

Die Swart-Bal-liga se tweede ronde het op Sondag, 22 April by verskeie potspelklubs in die omgewing plaasgevind.

Vyf van Ermelo se spanne is in dié liga ingeskryf om later vanjaar vir die uitspele te kwalifiseer om die spanne te bepaal wat volgende jaar aan

die Suid-Afrikaanse Swartbalkampioenskap sal deelneem.

Elke span bestaan uit drie spelers en al drie van elke span moet speel om punte vir die span, asook vir die speler self, bymekaar te maak.

Slegs ’n sekere aantal mense in elke afdeling kwalifiseer om aan die uitspele deel te naam.

In die mansafdeling kwalifiseer die Top 20 in elke distrik, by die vroue-, senior- en meestersafdeling kwalifiseer die Top 10 in elke distrik.

Die uitslae vir die Full Moon-spanne is;

Full Moon 1 klop Bro’s 1 (8 – 1) en ook Bro’s 2 (7 – 2) en Bro’s 3 (7 – 2).

Full Moon 2 wen al drie hulle wedstryde, Bro’s 1 (5 – 4), Bro’s 2 (5 – 4) en Bro’s 3 (9 – 0).

Full Moon 3 klop Bro’s 3 (6 – 3) en verloor teen Bro’s 1 (4 – 5) en verloor teen Bro’s 2 (4 – 5).

Full Moon 4 klop Gringo’s 4 (5 – 4) en klop Gringo’s 5 (6 – 3) en verloor hul laaste wedstryd teen Gringo’s 6 (4 – 5).

Full Moon 5 verloor albei hul wedstryde teen Gringo’s 4 (1 – 8) en Gringo’s 5 (1 – 8) en verloor in ’n strawwe stryd teen Gringo’s 6 (3 – 6).

Fulmoon 1, 2 en 3 het op hulle tuisgronde op Ermelo by die gholfbaan gespeel en Fullmoon 4 en 5 het by Gringo’s Poolklub op Hendrina gespeel.

Die volgende wedstryde sal op 6 Mei plaasvind.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button