Sport

[Foto’s]: Ermelo Defensive Pistol Club geniet suksesvolle skietdag

Altesaam 22 skuts het dié skietdag met vyf verskillende bane en scenario’s aangepak.

John Whatley was die algehele wenner van die Ermelo Defensive Pistol Club (EDPC) se handgeweerskietkompetisie wat onlangs by Vlakfontein-skietbaan

op die Breyten-pad aangebied is.

Altesaam 22 skuts het dié skietdag met vyf verskillende bane en scenario’s aangepak.

Christelle Whatley is as die akkuraatste skut aangewys, terwyl Johan Whatley die beste tyd van 88.29 sek gehad het, gevolg deur Johnny dos Reis met 91.46 sek en kort op sy hakke was Christo Botha met 98.75 sek.

Lees ook: [Foto’s] Snoekerspelers skiet raak by die naweek se “6-Reds” Snoekerkampioenskap

Die res van die top 10 skuts se tye is:

Frikkie du Plooy met 104.35 sek, Heino Volker met 111.11 sek, Victor Borges met 117.39 sek, Loekie Jansen van Rensburg met 127.90 sek, Gernus Jansen van Rensburg met 130.74 sek, Marius van Staden met 136.67 sek en Louis Geldenhuys met 144.22 sek.

Die EDPC sal op 24 Maart by Vlakfontein-skietbaan ’n ligakompetisie hou en sowat 100 skuts landwyd gaan dit bywoon.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter

Related Articles

Back to top button