Local sportSport

Hoëveld Baarsmeestersklub neem aan twee kompetisies deel en presteer

Kompetisies in Witbank en by Westoedam werp vrugte af.

Lede van die Hoëveld Baarsmeesters Hengelklub het in Januarie en Februarie aan kompetisies deelgeneem en presteer.

Johan Coetzer was die wenner van die kompetisie wat in Januarie by Westoedam plaasgevind het.

Hy het vyf visse wat 5.11kg geweeg het, gevang.

Louis Jansen van Nieuwenhuizen het tweede geëindig met sy drie visse wat 2.59kg geweeg het en Johan van Rooyen was derde met sy drie visse wat 2.56kg geweeg het.

Jaap Pienaar was vierde met sy drie visse wat 2.29kg geweeg het, Dirk Grobler was vyfde met sy drie visse wat 2.05kg geweeg het en Johnny Engelbrecht was sesde met sy twee visse wat 1.32kg geweeg het.

John-Paul Engelbrecht was die enigste deelnemer onder die juniors en het geen visse gevang nie.

Die ander deelnemers wat presteer het, is Willem Poortman wat onder die “country”-deelnemers gewen het met sy vyf visse wat 4.44kg geweeg het.

Dawie Engelbrecht het tweede geëindig met sy twee visse wat 1.39kg geweeg het en Lousi Jansen van Nieuwenhuizen het die gelukkige trekking gewen.

Johan Coetzer het die swaarste sak visse gehad en het die vang-vir-kontant-afdeling gewen.

Jansen van Nieuwenhuizen het die kompetisie wat op 10 Februarie by Witbankdam plaasgevind het, gewen met sy vyf visse wat 3.04kg geweeg het.

Jaap Horn het tweede geëindig met sy vyf visse wat 2.62kg geweeg het, Heinrich Horn was derde met sy vyf visse wat 2.13kg geweeg het en Pienaar was vierde met sy vier visse wat 2.01kg geweeg het.

Johnny Engelbrecht was vyfde met sy drie visse wat 1.75kg geweeg het en Johan Coetzer was sesde met sy twee visse wat 1.04kg geweeg het.

John-Paul Engelbrecht was weer eens die enigste deelnemer in die juniorafdeling en het een vis gevang wat 0.28kg geweeg het.

Jaap Horn het die vang-vir-kontant-afdeling gewen met sy swaarste vis wat 0.63kg geweeg het.

Arno Swart het die gelukkige trekking gewen.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button