Sasol 1-krieketspan het Sasol 2 Saterdag met agt paaltjies geklop.
Vernon Fourie was Sasol 1 se beste bouler en het drie paaltjies vir 31 in 10 boulbeurte geneem.
Johan Scheepers het 55 lopies nie uit nie aangeteken.
Sasol 2 het 138 lopies vir sewe in 50 boulbeurte behaal. Tinus Strydom was die beste kolwer en het 67 lopies nie uit nie aangeteken.
Sasol 1 is nou agt punte voor die res van die spanne en het 31 punte.
Sasol 2 staan tans op 23 punte.
Sasol 1 speel eerskomende Sondag op hul tuisveld teen eMbalenhle, terwyl Sasol 2 in Dumbe teen Piet Retief speel, Sasol 3 speel teen eMbalenhle 2 op eMbalenhle en die vrouespan, die Sasol Froggs, speel teen SACE in eMalahleni (Witbank).
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.