Local sportSport

Sasol-krieketspanne meet kragte op tuisveld op Secunda

Sasol 1-krieketspan is voor op die puntelys.

Sasol 1-krieketspan het Sasol 2 Saterdag met agt paaltjies geklop.

Vernon Fourie was Sasol 1 se beste bouler en het drie paaltjies vir 31 in 10 boulbeurte geneem.

Johan Scheepers het 55 lopies nie uit nie aangeteken.

Johan Scheepers van Sasol 1-krieketspan kolf terwyl Tinus Strydom die paaltjiewagter is tydens Saterdag se wedstryd tussen Sasol 1 en Sasol 2.

Sasol 2 het 138 lopies vir sewe in 50 boulbeurte behaal. Tinus Strydom was die beste kolwer en het 67 lopies nie uit nie aangeteken.

Sasol 1 is nou agt punte voor die res van die spanne en het 31 punte.

Sasol 2 staan tans op 23 punte.

Johan Scheepers van Sasol 1-krieketspan teken Saterdag lopies aan tydens hul wedstryd teen Sasol 2.

Sasol 1 speel eerskomende Sondag op hul tuisveld teen eMbalenhle, terwyl Sasol 2 in Dumbe teen Piet Retief speel, Sasol 3 speel teen eMbalenhle 2 op eMbalenhle en die vrouespan, die Sasol Froggs, speel teen SACE in eMalahleni (Witbank).

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button