Local sportSport

Sasol 1 Rugbyklub wen 7’s-rugbytoernooi

Hulle het weer eens die Puma 7’s-beker gewen toe hulle in die eindstryd met Hoëveld 1 kragte gemeet het.

Sasol Rugbyklub het Saterdag hul staal gewys tydens die 7’s-rugbytoernooi wat op hul tuisveld aangebied is. Hulle het weer eens die Puma 7’s-beker gewen toe hulle in die eindstryd met Hoëveld 1 kragte gemeet het.

Hulle het met 50-0 gewen. Hoëveld 1 het tweede in die toernooi geëindig.

Middelburg het derde geëindig en die plaat gewen toe hulle die Ferros geklop het wat vierde geëindig het.

Sasol 2 het die skottel (bowl) teen Kriel gewen en vyfde geëindig, terwyl Kriel sesde geëindig het.

Jaco Jacobsz van Sasol 3 hardloop met die bal tydens die Puma 7’s-rugbytoernooi toe Sasol 3 teen Middelburg gespeel het.

Sasol 3 het die skild gewen en sewende geëindig. Hoëveld 2 het agtste geëindig het.

Die Laeveld-spanne het onttrek en dit was dus net Hoëveld-spanne wat deelgeneem het.

Sasol Rugbyklub het tydens die geleentheid ’n donasie van R3 000 aan Kansa oorhandig.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button