Local sportSport
Standerton Akademie-atlete verbeter vier rekords by atletiekbyeenkoms
Altesaam 32 atlete van Standerton Akademie het meegeding.
Die Beweging van Christelike Onderwys (BCVO)-skole het die afgelope naweek, 16 Februarie ’n landwye byeenkoms op Sasolburg by die DP de Villiers Stadion aangebied.
Altesaam 32 atlete van Standerton Akademie het meegeding.
Die uitslae van dié dag (eerste plekke) is:
Zené Griesel (D0/6) – 60m, 80m
Elri Lötz (D0/6) – turbospies
Johanco Griesel (S0/8) – 600m (rekord verbeter), 60m en 80m
Johann Schoonraad (S0/12) – spiesgooi (rekord verbeter)
Cronjé Hancke (S0/13) – 1500m en 800m
Duan Burger (S0/10) – 100m en 80m
Lara Pretorius (D0/13) – 100m, 200m, hoogspring, verspring, hekkies (rekord verbeter) en 800m
Marla de Jager (D0/12) – spiesgooi (rekord verbeter)
Daniël Roberts (S0/10) – hoogspring