Local sportSport

Nico van den Berg van Sasol Stoeiklub maak skoonskip by Suid-Afrikaanse Stoeiproewe

Suid-Afrikaanse Stoeispan word binnekort aangekondig.

Nico van den Berg van Sasol Stoeiklub het op 21 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Stoeiproewe in Pretoria deelgeneem en al sy wedstryde gewen.

Die Suid-Afrikaanse stoeispanne wat in Desember aan die Statebond Stoeikampioenskap in Brakpan en in Februarie aan die Afrika Stoeikampioenskap in Nigerië gaan deelneem, is gekies.

Nico het aan die vrystylafdeling deelgeneem en daar was altesaam vyf stoeiers in die juniorafdeling.

Hy het ook aan die seniorafdeling deelgeneem saam met sewe ander stoeiers en in die eindronde verloor en tweede geëindig, hoewel hy nog ‘n junior stoeier is.

Die nuwe Suid-Afrikaanse stoeispanne sal binne die volgende twee weke aangekondig word.

Mnr. Johan van den Berg, afrigter en president van Sasol Stoeiklub, is trots op Nico se prestasies.

Van den Berg is op 6 Oktober as die beste skeidsregter aangewys by die Suid-Afrikaanse Jeug Stoeikampioenskap in Johannesburg.

Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Stoei Skeidsregtersraad, mnr. Willem Gilliomee, het ‘n sertifikaat aan hom oorhandig.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Nico van den Berg
Mnr. Johan en Nico van den Berg van Sasol Stoeiklub.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button