Nico is Suid-Afrikaanse stoeikampioen

Nico van den Berg wen goue en silwer medaljes by die Suid-Afrikaanse stoeikampioenskappe.

Die Suid-Afrikaanse Junior en Senior Stoeikampioenskap het onlangs in Pretoria plaasgevind.

Nico van den Berg van Secunda Stoeiklub het aan die Junior Vrystylkampioenskap in die 50-55kg-afdeling deelgeneem.

Hy het al sy wedstyde gewen en is as die Suid-Afrikaanse Stoeikampioen in dié afdeling gekroon.

Hy het ook aan die Suid-Afrikaanse Junior Grieks-Romeinse Afdeling en die Suid-Afrikaase Senior Vrystylafdeling deelgeneem.

Nico het goud in die Junior Grieks Romeinse Afdeling gewen en in die Senior Vrystylafdeling silwer gewen hoewel hy nog ’n juniorstoeier is en al sy teenstanders in dié afdeling seniorstoeiers was.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version