Local sportSport

Sasol Hydra-Arc-eerstes deur na halfeindstryd

Secunda rugbyklub se spanne het dia afgelope naweek besondere goeie rugby gespeel.

Hoewel net twee van die spanne op die ou einde gespeel het, het die Sasol Hydra-Arc-rugbyspanne die afgelope naweek hul tuisskare behoorlik trots gemaak.

Die eerstespan het ’n premierligawedstryd teen Ferro’s se eerstespan gespeel en het die besoekers verpletter met ’n eindtelling van 79-12.

Die tuisspan het nie gesukkel om punte aan te teken nie en was teen rustyd reeds 31-7 voor.

Met 12 drieë teenoor die Ferro’s se twee en Juandré Kleynhans se uitstekende skopwerk, was dit duidelik wie die sterkste span op die veld was.

Fanie Booysen het drie drieë gedruk, Juandré Kleynhans en Berty Visser elkeen twee en Steven Jacobs, Fanie Booysen, Rian Boshoff, Willem Martin en Carlo Kleynhans elkeen een drie.

Juandré Kleynhans het nie net vyf doelskoppe oorgeskop nie, maar ook een strafdoel.

Rian Boshoff en Jean-Pierre Olivier is aangewys as die Spur Manne van die Wedstryd vir die eerstespan.

Die tweedespan was veronderstel om teen Ferro’s se tweedespan te speel, maar die besoekers het die wedstryd verbeur en gekies om nie te speel nie.

Hulle lê tans bo-aan die ranglys en is dus die Pumas Premier Reserweligawenners.

Die derdespan het ook tuis gespeel teen Middelburg se derdespan en na ’n harde wedstryd, is die besoekers oorwin met ’n eindtelling van 36-32.

Secunda Rugbyklub se manne het vyf drieë gedruk en Middelburg vier.

Happy Selepe, Jaco de Vos en Hendrik van Zyl het een drie elk gedruk, Jaco Jacobsz wat ook as die Spur Man van die Wedstryd aangewys is, het twee gedruk en Ricken Ngomane het nie net vier doelskoppe geskop nie, maar ook een strafdoel aangeteken.

Endrico Jacobs is die ander speler wat as die Spur Man van die Wedstryd aangewys is.

Die eerstespan neem eerskomende naweek ’n blaaskans en speel Saterdag, 15 Julie in die halfeindronde van die Premierliga.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button