Jim van Tonder wen Noorvaal-eindstryd

Jim van Tonderskool se eerstespan het na 44 jaar die rugbyseisoen op ’n hoë noot begin deur elke wedstryd in die Mpumalanga Spesiale Skoleliga te wen.

Dit is ’n span wat met harde werk bo uitgekom het.

Hulle het ook die halfeindwedstryde gewen.

Die span het aan die Noordvaal-eindstryd teen Kwaggasrand op Saterdag, 24 Julie deelgeneem en as wenners uit die stryd met ’n puntetelling van 35-12 getree.

Sthandiwe Sibiya het die trofee vir die speler van die wedstryd ontvang.

“Puik manne!

“Dit is ’n prestasie om voorwaar op trots te wees,” het die hoof, me. Madelein Kruger, gesê.

Dié span word tans deur mnr. Wickus van Heerden, ’n oud-Blou Bul- en Sharksrugbyspeler afgerig.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Exit mobile version