School sportSport

Hoërskool Oosterland se wintersportspanne blink uit

Die S0/16A-span het onder andere Hoërskool Volksrust met 55-0 geklop, Hoogenhout met 28-8 en het in die halfeindstryd teen Lowveld High School met 32-0 geseëvier.

Hoërskool Oosterland se wintersportspanne het dié seisoen goed gevaar.

Die tweede rugbyspan en S0/16A-span is deur na die Mpumalanga-eindstryd wat in Julie gespeel gaan word.

Die S0/16A-span het onder andere Hoërskool Volksrust met 55-0 geklop, Hoogenhout met 28-8 en het in die halfeindstryd teen Lowveld High School met 32-0 geseëvier.

Dit is die derde jaar in ’n ry dat dié span na die eindstryd deurgedring het.

Hulle was in 2015 en 2016 die Mpumalanga-wenners in hul ouderdomsgroep.

Die S0/16-span spog met vyf Puma-spelers, naamlik Heinrich Eksteen, Gerhard Engelbrecht, Nico du Plessis, Eurian Fourie en Elmar Coetzer.

Die Oosie-afrigters, mnre. Andries Labuschagne en Herman Swart, rig ook die 0/18- en 0/20 SA Rhino-sewesspanne af.

Hulle toer vanaf 11 tot 21 Julie na Texas vir seweswedstryde teen onder andere Nieu-Seeland, Argentinië en Tonga.

Een van Oosterland se gr. 11-rugbyspelers, Katlego, is deel van die 0/18-span.

Drie van die seunshokkiespanne het na die Mpumalanga-uitspeelrondes deurgedring en die D0/15-hokkiespan het tweede in Mpumalanga geëindig nadat hulle 2-2 teen Uplands gespeel het in die eindstryd.

Die D0/14- en D0/15-netbalspanne is deur na Mussa.

Op die gholf-front, het die Oosies se tweede gholfspan tweede in die liga geëindig.

Daar is groot opgewondenheid oor dié span omdat die hele span uit 0/14-spelers bestaan.

’n Blink toekoms wag op hulle as hulle vir die volgende vyf jaar kan volhou met prestasies.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

“Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button