Local sportSport

Bethal Rugbyklub klop Matla

Bethal se puntemakers was Altus Kleyn, Wian Buys en Johan Beeslaar wat elkeen ’n drie aangeteken het.

Bethal Rugbyklub het op 10 Junie tuis teen Matla Rugbyklub te staan gekom en hulle met 64-10 kafgedraf.

André Hannekom en Eugene Zaaiman het elkeen twee drieë gedruk, waarvan Zaaiman, wat as agterspeler van die wedstryd aangewys is, het drie doelskoppe behaal.

Marinus Young, die voorspeler van die wedtryd, het ’n driekuns behaal en Hanro Smit het vyf doelskoppe aangeteken.

Bethal se volgende wedstryd is op 17 Junie teen die voorlopers van die liga, Standerton, op Standerton en die span werk hard om die halfeindronde te haal.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Related Articles

Back to top button