Drie rugbyspelers van Morgenzon Landbou Akademie (MLA) is gekies om vir Mpumalanga-spanne te speel.
Kyle Coetzee, wat reeds een keer die provinsie verteenwoordig het, sal vir die 0/19 Pumas in die Puk-reeks uitdraf.
Marinus Britz en Steven Jordaan sal hulle staal wys as deel van die 0/16 Platteland-span wat in die Julievakansie aan die Valke-week deelneem.
MLA het hulle sterkte vir die kragmetings toegewens.