School sportSport

Ligbron is Superreeks-kampioene

Ligbron is gekroon as algehele Superreeks-kampioene en het altesaam 12 trofees.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugby-, hokkie- en netbalspanne het Donderdag aan die eindwedstryde in die Superreeks deelgeneem en met die louere weggestap as algehele Superreeks-kampioene.

Die wedstryde is op Hoërskool Brandwag en Benoni Northerns se velde gespeel.

Ligbron se eerste, tweede, 0/16- en 0/14-rugbyspanne is as Superreeks-kampioene gekroon, terwyl die eerste, 0/15- en 0/14-hokkiespanne ook die Superreeks as kampioene afgesluit het.

Die Liggies se eerste netbalspan het as naaswenners in die reeks geëindig.

Die uitslae van die wedstryde is: Rugby: eerste span klop Hoërskool Brandwag 48 – 16; tweede span klop Brandwag 33 – 0; 0/16A klop Brandwag 50 – 7; 0/15 klop Hoërskool Dinamika 32 – 7 (sewende plek) en 0/14 klop Brandwag 42 – 0.

Hokkie: eerste span klop Brandwag 5 – 0; tweede span verloor 0 -1 teen Volkskool Heidelberg (tweede plek); 0/16 klop Jan Viljoen 8 – 0; 0/15 klop Brandwag 4 – 0 en 0/14 klop Brandwag 2 – 0.

Netbal: eerste span verloor 20 – 31 teen Brandwag (tweede plek); tweede span verloor 6 – 36 teen Volkskool Heidelberg (tweede plek); 0/16 verloor 18 – 20 teen Volkskool Heidelberg (tweede plek); 0/15 klop Dinamika 22 -15 (vyfde plek) en 0/14 klop Jan Viljoen 14 – 12 (sewende plek).

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Ridge Times and Standerton Advertiser.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Related Articles

Back to top button